Drankduiwel vreet aan Gavin


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 6
     Like dit nie


Die akteur Gavin van den Berg het homself ’n maand lank oor ’n mik in ’n rehabilitasiesentrum uit die HEL gewerk om van sy NARE SUIPGEWOONTES ontslae te raak. 

 

Die eens aantreklike Ballade vir ’n enkeling-held het dié week gebieg: “Ek het myself by die Enoch’s Walk Bible Centre ingeskryf. Ek wou met die “program” begin en het myself kaduks gewerk om van die monsters binne my ontslae te raak. Ek het die aaklige “tronk” met my eie hande skoongeskrop. Dit was walglik.” 

 

Gavin is gerehabiliteer, want hy wou nie meer sy lewe wegsuip nie, sê hy.

 

Nou wil hy teruggaan na die sentrum toe “om die mense daar te help. Ek weet party van hulle het potensiaal”. 

 

Hy’t dalk net effe te laat tot drankbekering gekom, want op 55 lyk hy soos ’n stokou geraamte en sy wange is ingesonke. Sy hande is so geswel soos die olifantman s’n en hy is net ’n skaduwee van die man en akteur wat hy in sy jeug was. 

 

Gavin sê: “Ek was ’n alkoholis, maar ek is nou 100% skoon en ek drink nie meer nie.”

 

Hy het te veel gedrink. Dit het niks met die vermaakbedryf te doen nie, maar met jou eie probleme en monsters.” 

 

Gavin se vriendin het hom laas jaar op 14 Desember by die 45 ha plaas naby die Hennopsrivier afgelaai.

 

Hy moes R1 500 betaal vir die “behandeling”, wat nege maande lank duur, en moes hande-arbeid doen. 

 

Hy het in ’n geroeste karavaan gebly en moes ’n longdrop gebruik. 

 

“Dit was my keuse. Niemand het my gedwing nie. Dit het my geleer van die lewe. Buite is die plek ’n paradys, maar binne...” 

 

En toe het hy op ’n dag nie meer vir berading opgedaag nie. Hy het van die sentrum af weggeloop. 

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 8 )


  • Renette :
    Daar was ook gerugte dat hy gay is.
    2012/02/05 02:19:53 nm

  • Joseph :
    Gavin jy moet die k@k los dis niks werd behalwe om teen n boom uit te mors(areme boom)
    2012/02/05 09:15:41

  • Stefan :
    @jaco - dis nou die grootste klomp stront wat jy hier kwytraak! Jy het nie n clue hoe mense lyk wat HIV/Vigs het nie.
    Gaan loer na die Moodley mannetjie se foto - nou daar is n beeld van iemand wat Aids het.
    Jis Gavin, my gat af geskrik toe ek jou foto sien.
    Sterkte - dis n rowwe stryd waarmee jy nou besig is.
    2012/02/05 06:31:20

  • Lillian :
    Gavin, met alle respek, vertel die waarheid ... dis nie net die drank nie, daar was jare lank "rumours" van dwelm misbruik ook... baie sterkte, hoop jy het nou jou genesing gevind.
    2012/02/02 03:50:06 nm

  • jean :
    Sterkte vir jou Gavin....dit begin by jouself en God sal sorg vir die res!!! Ons dink aan jou!!
    2012/02/02 07:46:02

  • deirdre :
    ou maat byt vas jy kan net wen sterkte
    2012/02/01 08:02:25 nm

  • Jaco :
    Lyk of hy aids het!
    2012/02/01 01:58:09 nm

  • Carla :
    Wat 'n jammerte, maar gelukkig het hy besef hy moet iets doen. Was hy nooit getroud nie? Weet iemand dalk.
    2012/01/30 03:18:51 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem