Dikgat Vaatjie staan pa vir prinsessie


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 8
     Like dit
  •  
  • 1
     Like dit nie


VAATJIE kan koek bak en ’n vliegtuig steel, maar kan hy doeke omruil? 

 

Gerhard Odendaal, beter bekend as die ou dikgat Vaatjie van Mollie en Wors en sy vrou Chantelle het verlede Dinsdag vir die eerste keer ouers geword.

 

Klein Micaela is met ’n keisersnee in die wêreld gebring. Sy is skaars gebore, toe word daar ’n reuse pienk-en-wit speelgoedwoef in haar bababedjie gesit. ’n Geskenk van Pappa af. 

 

Chantelle en Micaela is verlede Saterdag uit die hospitaal ontslaan en Pappa Vaatjie het vir sy baba-Vaatjie by die huis gewag. 

 

Gerhard, wat al ’n goeie 14 kg afgeskud het, kon nie uitgepraat raak oor sy dogtertjie nie en het vertel haar neusie lyk nes syne.

 

Sondag het na die foto van Micaela gekyk en meen ook sy het haar pappa se neusie gekry. 

 

Gelukkig is sy piepklein en fyn en het net 3 kg by geboorte geweeg. 

 

Thys die Bosveldklong, wat self so twee jaar gelede pa geword het, was net so opgewonde oor Gerhard se kleinding.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 5 )


  • Floors Smith :
    Gerhard, laat sy julle lewens sommer baie verander. Geniet die pop speel. Hulle raak so gou groot dat as jy jou oë uitvee dan moet die haelgeweer alreeds reg staan. God het hierdie kleintjie vir julle geleen en maak haar mooi groot.
    2012/02/05 10:02:17 nm

  • Stefan :
    Adele - waar draai jou gedagtes rond, mens??
    2012/02/05 06:41:33

  • Theo :
    Baie geluk ou Vaatjie
    2012/02/03 04:30:49 nm

  • Vaatjiesemaatije :
    Sjoe, hoe het hy dit reggekry?
    2012/02/03 04:10:41 nm

  • Adele :
    Hierdie joernalis moet terug gaan skool toe..."Dikgat Vaatjie staan pa vir prinsessie".....met die opskrif het ek dadelik gedink hy staan pa vir 'n ander vrou se kleintjie!
    2012/02/03 02:04:40 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem