Digter se koeplet nou trilogie


Maandag 23 Januarie 2012

  •  
  • 5
     Like dit
  •  
  • 37
     Like dit nie


 

Die digter Daniel Hugo (57) se vrou los hom, want sy sê in hulle verhouding rym alles nie in die kooi nie.

 

Hugo het sy lover sowat 15 jaar gelede vir ’n jonger model ingeruil en nou los dié warm nommertjie van weleer hóm!

 

Dis omdat hy ’n nul op ’n kontrak tussen die lakens is, sê sy vrou, die bekroonde kinder-romanskrywer Carina Diedericks-Hugo (35). Al skryf hy kwansuis hy regeer saans met sy “septer” in sy digbundel Saad uit die Septer.

 

Nou het dit aan die lig gekom dat hier sprake van ’n literêre liefdesdriehoek is!

 

Die blonde Carina se smart is duidelik as mens na haar Facebook-inskrywings kyk. Die groot bom het op 20 November op Facebook gebars toe sy gesê het dat dit die einde van haar wêreld is.

 

Op oujaarsdag het sy selfs ’n inskrywing gemaak waar sy gesê het dat sy die afgelope jaar ook moes leer hoe dit voel om die liefde van jou lewe te verloor.

 

Maar die versman se eks gaan nie op ’n hopie sit en tjank nie! Sy’s immers nie ’n katjie om sonder handskoene aan te pak nie.

 

Sy’t Donderdag op Facebook geskryf sy het genoeg getreur. Sy wil nou ’n paar pienk bokshandskoene aantrek, want haar groot “fight” het begin!

 

Die boekewêreld se skindertonge klap. Die storie loop rond dat Daniel al weer met sy ou streke besig is. Hy’t Carina glo vir ’n bloedjong wulpse poppie ingeruil, word gefluister.

 

Carina reken self dis ’n baie sterk moontlikheid.

 

Sy sê: “Die stories is verkeerd in die opsig dat hy my nie gelos het nie. Ek is die een wat hom gelos het. 

 

“As hy ’n ander meisie het, is ek vreeslik bly vir hom, want dis ten minste iets wat sy aandag kan aflei.

 

“Ek het ook ’n baie sterk vermoede wie die ander vrou is. Dis ’n kollega van hom by Protea Boekhuis, Shané Jean Kleyn. Die storie het al verlede jaar uitgekom. Ek het haar gebel en haar net mooi gevra om eerlik te wees.”

 

Carina vertel dié poppie het glo ’n hoerberoerte van formaat gegooi. 

 

Carina, wat veral bekend is vir die gewilde Thomas@-boekereeks, sê sy hoor Kleyn hou eintlik meer van vroueliefde as van mans! Maar dat sy haar liefde vir ’n moeder- of vaderfiguur se deernis sal ruil. 

 

Toe Sondag vir Shané bel, het sy gesê sy weet van die storie. 

 

Sy het gesê: 

 

“Daniel se eks-vrou het my wel ’n paar weke gelede gekonfronteer oor die gerugte en my ook Vrydag gebel, maar ek is oortuig daarvan dat dit gefabriseer is en ek is nie lus vir kinderkak nie.”

Lees die volledige berig in die koerant.

 



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 2 )


  • Kobus :
    Dat 'n mens darem 'n eerbare man so kan beswadder.
    2012/01/23 11:29:45 nm

  • Sandy :
    Die "joernalis" het die kat sooooo aan die gat beet. Dis hoekom Sondag altyd derderangs sal bly. Dat Mevrou darem na so 'n publikasietjie kon hol terwyl sy haar eie dinge wegsteek!
    2012/01/23 11:27:16 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Wat dink jy van SA se nuwe hotklou-kolwer, Richard Levi?

Hy gaan nog baie balle paviljoen toe moker.
Hy gaan dit net in kitskrieket maak.
Dis nou net die man wat ons nodig het.
Stem