Charlize 'n gewilde teef


Maandag 23 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 2
     Like dit nie


ONS eie Hollywood-ster se status as die gewildste blonde bom van Benoni is nou in die gedrang.

 

Charlize Theron, Suid-Afrika se hoofmeisie van roem, het ’n blonde naamgenoot in Benoni gekry wat die gewildheidsleer blitsvinnig uitklim - Charlize die Boerboel.

 

Dié sesjarige woef is deur Barking Mad, ’n instansie wat vir straathonde huise kry, ingeneem.

 

Op hul webblad beskryf hulle vir Charlize as charming, pragtig en dat sy “aim to please”, nes haar naamgenoot daar ver oor die waters.

 

Laina Jordan, wat die aannemingsproses en administrasie behartig, het vir Sondag meer oor Benoni se tweede Charlize vertel.

 

Sy sê: “Ons het vir Charlize in die begin van Oktober gekry. Sy was maer en het geen vorm van identifikasie aan haar gehad nie.

 

“Sy het die mooiste persoonlikheid en kom met al die honde oor die weg. Sy doen skitterend in haar opleiding. Dis nou maar net ’n kwessie van sit en wag om haar ‘forever home’ te kry.”

 

Hierdie woef gaan nog ’n celeb wees voor sy die pootgee- triek kan leer.

 

Gepraat van celebs – dit lyk of die meeste van hulle ook al lankal op die bandwagon gespring het en hulle geliefde diertjies na meer beroemde mense vernoem het.

 

Vat nou maar die sexy Eva Longoria van Desperate Housewives. Haar gitswart platneus Pug is na een van die wêreld se mees dinamiese vroue vernoem - Oprah Winfrey.

 

Ben Affleck se sexy vrou, Jennifer Garner, het besluit om haar Labrador Martha Stewart te noem en die Barbados-sangsensasie Rihanna het haar Toy Pom-hondjie na Bob Marley vernoem.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Wat dink jy van SA se nuwe hotklou-kolwer, Richard Levi?

Hy gaan nog baie balle paviljoen toe moker.
Hy gaan dit net in kitskrieket maak.
Dis nou net die man wat ons nodig het.
Stem