Bullebakke verniel tiener


Sondag 12 Februarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 10
     Like dit nie


Brandon het na jare se draadjies nou ’n skewe bek.Foto: Estene Vorster
Brandon het na jare se draadjies nou ’n skewe bek.Foto: Estene Vorster

’n Tienerseun het in die hospitaal beland na hy erg deurgeloop het onder die vuiste en voete van ’n pa en sy seun tydens ’n woeste kroeggeveg in Ventersdorp. 

 

En dit alles oor die slagoffer vir sy ma opgekom het!

 

Jaco Janse van Rensburg (51) en sy seun, JT (18), het die naweek in die tjoekie deurgebring nadat hulle Brandon Viljoen (18) opgefoeter het.

 

Hulle is Sondag in die OK Grocer gearresteer en vroeër hierdie week op R500 borgtog vrygelaat. Volgens Brandon het die storie so ’n paar weke terug al begin. 

 

Jaco se vrou, Betsie, het Brandon se ma, Susan, gevra of sy saam met haar op vakansie kan gaan. Jaco het dit glad nie gelike nie en vir sy seun JT ’n klomp nare dinge oor Susan getune. 

 

“Die oom (Jaco) het vir JT gesê dat my ma te sleg en te armgat is om die paaiemente van die kar te betaal, maar nou wil sy op vakansie neuk?” sê Brandon. 

Volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 11 )


  • Sue :
    Flippen eenvoudig , mense wat baklei sonder `n goeie rede is pateties en soek aandag
    2012/02/20 12:58:22 nm

  • ss :
    whahahahahahhahahaaa gatvol skrik wakker ! !! kommen is wat kommen doen . ! :P punt. pappa en pappa se seuntjie gaan nog hard op hul moer kry ! En skewe bek hoekom koerante toe .. Ai . klink maar na klomp sussies daai kant van die wereld ! Hoe ver is julle nou weer van BRAKPAN ??
    2012/02/19 08:36:44

  • Ronel :
    Niks is so erg ek van venterdorp en baie word bygelas.Het ook nie geweet die Tiener sing en ken hom baie goed.Daar is niks fout met Ventersdorp net baie klein so almal dink hulle weet alles,Die persoon wat dink almal is fietas weet nie waarvan hy praat.Daar is baie ander mense wat op hulle plek is .Hou op om mense sleg te se en dink liewer aan die goeie goed en plaas van die slegte.Daai mense Jaco en bets doen net so baie goeie dinge vir mense in ventersdorp en hulle hatre is altyd oop vir ander,Hulle is nie bang om te gee.Wat hulle gedoen het was nie reg maar ons almal het wel n geraamte of twee.Almal van ons het al iets gedoen waaroor ons spuit is so hou op krap en lelike dinge se hulle is goeie mense met baie goeie harte'
    2012/02/18 05:43:45 nm

  • gatvol :
    van commen gepraat dis die mense wat nie hul feite ken nie die mense is nie eers in die ok gearestreer nie. Jaco se vrou het nie nodig om in toom gehou te word nie sy kan haar self in toom hou die mense wat hul regtig ken weet hul is nie hoogmoedig nie, of dink hul het geld nie dis vandag nie maklik om n besigheid te he nie. Die mense is net jaloers oor hul te sleg is om self iets in die lewe te probeer,. Plaas vertel die klomp skinderbekke van die goeie dinge wat gedoen word en hoeveel keer hul al ander mense gehelp het dit hoor mens mos nooit nie. Die grootste skinderbekke sit elke sondag voor in die kerk en dink sommer al daar die snert uit,. ek wonder wat dink die Here daarvan. Waarheid sal wel seevier. Ek hoop vir julle part die dinge wat in die koerant geplaas was is feite.
    2012/02/18 10:59:41

  • ellen :
    Ag oom jy is 'n regte ou bang broek! hoekom takel jy hom? jy moes jou
    seun allen hom laat takel het, maar weet oom wat?? hy sou seker jou seun op sy herrie gegee het! daarom moes jy met jou grote liggaam ook inspring om jou spruit te red!! wat 'n skande!!
    2012/02/17 01:08:23 nm

  • LM du Plessis :
    Jaco as jy nie jou eie vrou in toom kan hou nie, moenie ander vrouens beledig nie.
    Se vir jou baas(jou vrou) sy mag nie gaan vakansie hou nie of is jy te sleg om dit te doen.
    Nou beledig jy ander vrouens en pak `n jongman.
    2012/02/14 10:56:06 nm

  • Oswald :
    Sondag julle moet n kantoor daar in daai fieta joint oopmaak, lyk my daar spyker en bliksem van die rykstes tot die amstes en die oudstes tot die jongstes mekaar op n gereelde basis. Stuur net iemand wat verkieslik kan vuisslaan anders gaan hy/sy maar moeilikke tye he.
    2012/02/14 03:57:30 nm

  • paulvs :
    hy het in elk geval nie die gesig om te kan sing nie, so geen skade is gedoen deur hom te bliksem nie.
    2012/02/14 02:24:12 nm

  • Piet :
    Almal op Ventersdorp is 'n klomp fietas.....laat hulle mekaar maar goed bliksem!!
    2012/02/14 09:11:30

  • LB :
    Ekskuus .... hoe commen kan 'n mens nie wees nie
    2012/02/13 07:23:29 nm

  • chantelle :
    onthou net een ding (oom)jy kan ok tot n val kom mense wat dink hulle leef daar bo kan ok val.dan se die ander weer jy"s te armgat vir hulle.my woorde mag dalk kras wees maar die wiel draai.
    2012/02/13 12:47:46 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem