'n Skerbeweging beteken nie jy moet iets knip!


Maandag 23 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Jy kry mense wat so min van rugby weet dat hulle meen ’n skêrbeweging het iets met knip te doen. En dan het hulle die vermetelheid om spelers en afrigters te kritiseer.

 

Onkunde keer hulle nie. Hulle praat sleg van manne wat papiere het om rugby te speel of spelers af te rig. En as jy nie met hulle saamstem nie, sê hulle jy weet boggherol van die game en jou familie het seker vir FW de Klerk gestem.

 

Sulke mense kritiseer selfs die kritici wat betaal word om te kritiseer, soos skrywers, kommentators en gaste op TV- en radioprogramme. 

 

Soos Flenters Venter Vrydagaand sê: As ons al die twak kan verkoop wat mense oor rugby praat, sal daar genoeg geld wees om amper die helfte van die slaggate in Gauteng se paaie toe te maak. 

 

Flenters sien nogtans kans om vanjaar nóg ’n paar weke van sy lewe aan rugby af te staan deur na wedstryde op TV te kyk. Maar hy weier om na sekere spanne se wedstryde te kyk, sê hy. Veral na wedstryde van sekere afrigters se spanne.

 

Ons ken Flenters te goed om te vra na watter spanne hy nie gaan kyk nie. Maar sy stelling gee aanleiding tot ’n debat wat die Transvaalse Vuurhoutjieklub se weeklikse toernooi met byna ’n uur vertraag. 

 

Kierie Claassen stel voor ons beperk ons vir eers tot Superrugby, wat syns insiens nie so super soos Curriebekerrugby is nie. Maar ons noem nie afrigters se name nie, sê hy, behalwe as die versoeking darem té sterk is.

 

As die afrigter of kaptein van ’n span ná omtrent elke wedstryd sê daar’s nog dinge waaraan die spelers moet werk, behoort ’n mens te weier om na hul wedstryde te kyk. Of as hulle in die openbaar van leerkurwes en groeiprosesse praat.

 

As hy weer hoor iemand kla oor die bal wat nie reg gespring het nie, of van 50-50-beslisings wat almal ten gunste van die ander span was, diskwalifiseer hy daardie ou se span, sê Kierie.

 

Frik Voete sê hy kan nie saampraat nie, want hy kyk en luister nooit ná wedstryde na onderhoude met afrigters en kapteins nie. Eintlik is dit sy dokter wat dit voorgestel het: staan ná die eindfluitjie onmiddellik op en stap uit, veral as jy na die Springbokke gekyk het. 

 

Jy loop straks oulike gesegdes en grappies mis, maar ’n man moet jou bloeddruk dophou, sê Frik. Sy buurman oorkant die straat het juis verlede jaar ’n bottel deur sy TV-stel se skerm laat val toe hy na ’n bekende afrigter geluister het. 

 

 



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem