Moenie net tussen lakens score nie


Woensdag 18 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Ses. Dis hoeveel lopies die Protea-opener Graeme Smith Woensdag in die eerste one dayer teen Sri Lanka kon score.

Smith, wat as die Proteas se kitskêppie bedank het ná sy span se boggherop in laas jaar se World Cup, sal nou ander verskonings moet uitdink hoekom hy nie perform nie.

Dis onverstaanbaar waarom Andrew Hudson en die res van sy wyse manne aanhou om Smith as “opener” te kies. In die laaste 12 maande het Smith in 16 games gejol waarin hy net 425 lopies teen ’n gemiddeld van 27 kon score.

Sy hoogste telling was toe hy – vandag presies ’n jaar gelede – 77 teen die Indiese krieketspan op die Wanderers kon wiks.

Die Kapenaar se laaste 100-tal in one dayers vir die Proteas was in September 2009 toe hy 141 teen die Bleekbene gemoker het.

Selfs sy openingspartner, Hashim Amla, het in ’n derde van die hoeveelheid games wat Smith gejol het, meer 100-talle as Smith gemoker. Dít is mos nou wat ’n opener veronderstel is om te doen!

Nadat hy in die laaste paar toetse ook nie regtig lopies kon score nie, het grappies die ronde begin doen dat Smith nou dominee gedoop is, want hy kom net in om te open.

Hel, as hy maar net dit gedoen het en actually die beurt ge-open het, pleks daarvan om net vir ’n wyle op die veld te stap en dan weer te gaan sit en naels kou in die kleedkamer.

’n Opener moet ’n ordentlike grondslag vir die res van sy spanlede lê sodat hulle ’n kompeterende telling op die telbord kan kry.

As die keurders iemand soek om net die ys te breek, kan hulle in die vervolg eerder een van die boulers, wat in elk geval meer lopies as Smith gaan aanteken, instuur.

Sondag dink Biff gaan een van die dae Wittes genoem word omdat hy so baie tyd in die kleedkamer deurbring, pleks van voor die penne.

Graeme, al wat die fans vra, is lopies. As jy nie lopies kan score nie, is dit tyd om jou tassie te pak en aan te beweeg. Net soos die voormalige Springbok-rugbykaptein John Smit, vat jy nou die plek van iemand wat beter as jy is.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem