Dinges van die week - Mandla Mandela


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


As daar nou een mens is waarvoor almal respek het, is dit onse eie Madiba. Maar sy kleinseun is besig om die Mandela-naam behoorlik deur sy gigolo-alie te trek.

 

Mandla Mandela reken hy is Suid-Afrika se eie Brad Pitt wat die meisies inryg soos ’n string Afrika-kraletjies.

 

Sy eerste vrou, Tando, het hom nou al meer as een keer hof toe gesleep omdat hy nie onderhoud betaal nie. Terwyl hy met haar getroud is, het hy sommer nog twee keer sy luck by die kansel probeer.

 

Sy onwettige huwelik met ’n Franse vrou is sommer tjop-tjop geskrap.

 

Verlede Desember het hy almal egter vinnig geflous en met sy nuutste floozie, Mbalenhle Makhathini, gaan staan en trou. Die voorvaders alleen weet hoe hy dit reggekry het.

 

Die Casanova gaan nog sy oupa na ’n hartaanval dryf!



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem