Theuns in aksie. Foto: Foto24
Mense, hoekom beledig julle ’n vark so? Johan Kotzé kan net met die Satan vergelyk word, want hy’s ’n Satan vanself! – Rina
Johan Kotzé jy is ’n regte drol, wat geen respek vir ’n vrou het nie. Hoop iemand kry jou voordat die polisie jou kry. Jy is sommer baie slegter as wat dit op TV gelyk het. – Cas van P
Julle artikel in Sondag , 8 Januarie: Proffie gevang . . . Hy het boemies ingestop? Fok man, 20 en 22 jaar oud en ’n ou man verkrag hulle. Assef*kkenblief. – Anoniem
Krieket se spankeuse is kak. Graeme Smith perform amper nooit, maar bly in die span. Boucher vang die eerste keer die bal mis. Nou is hy uit. Dit maak nie sin nie. – Schalk, Krugersdorp
Al die lesers moet onmiddellik begin om al die kak wat die spietkops en die polisie aanjaag onmiddellik aan Sondag te rapporteer. Dit moet gepubliseer word sodat die wêreld en ook hulle base kan sien wat hulle fokken werkers aanvang.– Anoniem
Sies man, geen wonder niemand vertrou meer die polisie nie. Julle is katools om by hoere te slaap. Dan vra julle vir die hoere R3000 vir Kersfees en as hulle nie kan betaal nie, moet hulle met seks betaal. Sies man. – Petro
Die familie van Krugersdorp wat so deur ’n spietkop getraumatiseer is, moet die saak aan die hoogste gesag rapporteer. Iets moet aan daardie vark gedoen word! – Marla
Die gesin van Krugersdorp moet daardie vark van ’n spietkop aan die minister verklaar. – Carl
S’bu en Shauwn, julle voel niks vir julle arm swartes nie. Kyk hoe val hulle huise uitmekaar wat julle vir hulle gebou het. Julle is nes Malema.– Petro
Die Chinese stede staan leeg, want hulle is almal hier by ons in SA. – Braham
Los die prostitute uit! Ek het meer tyd vir ’n prossie as ’n hoer, want hulle werk vir hul geld. Hoere het iemand wat vir hul sorg en dan loop hulle rond. Stank vir dank! – Anoniem
Skouspel sal elke jaar nog kakker raak, solank ou “has been” Juanita en Doepie regeer! Waar dink julle leer Theunsie om almal so te wil dagvaar? Wie is sy sangmaatjie? Jack Parow lag lekker, want hy kan die Onse Vader bo die register maklik vat of hoe Judoepie? Ook maar k*k as ’n girl net een oktaaf kan sing. – Benny en Sophia
Wat se k*k is dit van die hedendaagse matrieks wat 30% per vak moet hê om deur te kom? Dit is seker net in SA en Afrika-state. Van daar seker ook die 100% slaagsyfers of hoe? Praat van minderwaardige matrieks. – Fred, Parys
Corlea se stem is die kaliber wat kan kers vashou by Christina Aguilera en Celine Dion. Rudi klink soos ’n kat wat in baringsnood verkeer. – Johan, Kby
Theuns, skryf ’n hartseer gediggie en lirieke oor jou angs. – Sensei
Theunsie het ’n groot kop gekry. ’n Paar jaar terug het hy by een van sy shows gemoan as daar foto’s van hom geneem word. Geld het na sy kop gegaan. Jammer dat hy goed sing. – Johan, Middelburg
K*k storie! Almal weet wie is Theuns Jordaan! ’n Puik sanger waarop Suid-Afrika trots kan wees! Paul de Beer, “ster” van die sogenaamde “groter Jackass movie”? Het nog nooit van dié boks gehoor nie. Is net so common soos Danie Barnard by the way. Wie de f*k is hy? Hulle wou Theuns misbruik om hulle k*k fliek te adverteer! Julle kan ook nie ’n tipe Leon Schuster-fliek maak nie, want julle is almal f*kken na-apers! Susan Theuns Jordaan, jy bly maar steeds ’n arrogante ou. – Jan
Ai, Theuns, ek is so terleurgesteld in jou. Wat dink jy van jouself? Jy is net ’n gewone mens met ’n wonderlike talent. Ek glo jou ouers voel baie seergemaak deur jou tantrum. Hoop jy dink bietjie daaroor. – Elisje Mclean