Kom nou Sondag, is julle bang om my SMS te plaas? Johan Kotzé, Frans du Toit en Theuns Kruger soek die galg. – Johan, Bhs
Dis onaanvaarbaar dat Du Toit en Kruger vrygelaat kan word op parool. Hulle behoort tereggestel te word. – Francois
Hoe kan ’n mens twee diere soos Du Toit en Kruger vrylaat? Daai twee sal tot ’n hond so martel. Fok altwee van hulle. – Gerhardt van Vuuren
Weerwaarskuwings? Watwou, die weerdiens voorspel slegs 20% korrek. Hulle het geen bestaansreg nie. Die internasionale weervoorspellings is baie meer korrek. – Oom Ben
As Juju sê poep, dan doen almal dit. My fok, is almal dan vír hom? Hy gaan julle almal befok en die land gaan sy gat sien as iemand nie ’n plan met Juju maak nie. – Spinnekop, Polokwane
Die polisieman op bl. 12 moet gefire word, want hy is net soos baie van sy kollegas kaksleg, die lui bliksems, maar as dit by korrupsie kom, stamp hulle mekaar uit die pad uit om voor in die tou te staan. – Anoniem
Kom julle fucked up polisiemanne Brakpan toe, dan wys ek julle hoe fok die white trash ’n windgat poliesman op. – Marius, Brakpan
Kan die arme dooies nie net gaan rus nie? Hulle verdien om te rus. Die townships buite Heidelberg het wagte, hoekom nie hulle ook nie? Ek kan nie verstaan hoekom julle die onskuldige kinders en mense se grafte besteel nie. Mag julle brand in die hel. – Petro
Daar gaan amper nie ’n week verby wat Heidelberg nie die koerant haal nie, as dit nie kindermishandeling of mishandeling van bejaardes is nie, dan is dit skending van grafte. – Anoniem
Nee Eskom, julle tender weer vir ’n massiewe verhoging om weer “prestasie’’-bonusse mee te betaal, terwyl ons moet wonder waar kom die volgende bord kos vandaan. Hoop die politieke partye vir wie ons elke keer stem gaan dié keer bietjie na die kiesers se belange omsien. Mens hoor ook net van hulle as daar gestem moet word. Eskom, neem kennis van die e-toll-sisteem, julle beurt kom. – D
Wat ’n skande, die mense wat so doodgaan van die honger in Modimolle. Die minister van gesondheid moet aangekla word van moord. Wat word van die belastingbetaler se geld? Hulle eet elke dag lekker en hulle ondersteuners gaan dood. – D, Heidelberg
Gesond van Jaco Lotriet: Meer pille, meer dae? My oom is dood, twee dae na ’n private dokter hom ’n klomp verskillende bloeddrukpille gegee het. – Elize, Alb
Die polisie van vandag is net een groot gemors. Hulle dink hulle kan maak net wat hulle wil en daarmee wegkom, maar ek dink dat hulle ook toegesluit moet word. – Anoniem
Malema, jy sal baie vinnig ’n siekte of skeet moet kry om jou bonkige gat uit die tronk te hou. Daar is ’n paar manne wat jou graag hul bitch wil maak. – Anoniem
Wys jou net hoe rassisties korrektiewe dienste is: Parool vir swart Selebi, maar nie vir wit Lewis nie. – Robbie